Dood, waar is jou angel
David Niebuhr
_____________________________
As kapelaan van die nooddienste word
ek daagliks konfronteer met sterfgevalle wat
strek oor die hele spektrum van gelowe, en kerk grense. Ek dien tans as die
President van die “Emergency Services Chaplaincy of Southern
Africa” asook as opleidingsbeampte vir
aspirant kapelane.
Dit is vir my fassinerend om te sien dat daar so ‘n groot
hoeveelheid van ons mense, en selfs kerk leiers is, wat werklik waar geen idee
het van wat die Bybel werklik sê oor die dood nie. Ek het sekerlik met meer
foutiewe sienings van die dood te doene gekry as wat ek met sienings te doene
gekry het wat werklik gegrond was op Bybelse beginsels. Ek kyk na verskeie
onderwerpe, soos wat sê die Bybel oor Selfmoord, as 'n baba sou sterf, moord,
hoe om die dood aan 'n kind te verduidelik, en meer...
In die eerste plek poog ek met
hierdie boek om die leser te help ondersoek instel oor wat hy of sy werklik glo
aangaande die dood, en om hul siening te toets teen wat ons uit die Woord van
God leer.
In die tweede plek wil ek die leser
help om toegerus te word om ander by te staan wanneer hulle dalk ‘n geliefde
moet afstaan aan die dood. In die boek gaan ek poog om die leser te wys wat soms
die verkeerde dinge is om te sê en doen, en wat werklik behulpsaam mag wees vir
iemand wat deur die trauma gaan om ‘n geliefde te moes afstaan aan die
dood.
Ek wil in die derde plek ook poog om
die leser te help voorberei vir daardie dag
wanneer dit die leser beurt sal wees om die
doderyk te moet binnegaan. Dus kyk ons na
hoekom ons die dood vrees, en hoe ons die vrees kan oorwin deur kennis van die
dood, en geloof sekerheid. Ek is beslis nie ‘n taalkundige of skrywer nie, maar
glo tog dat hierdie boek wel ‘n 'n doel het as u die taal, tik en spelfoute kan
oorsien.
...